Kostes

Die Posduif-diens bestaan uit ‘n jaarlikse intekening vir ‘n bestuurder-rekening op die app.posduif.xyz-platform. ‘n Bestuurder-rekening kan gebruik word om u toestelle by te voeg. Hierdie “toestelle” verwys na enige selfoon waarop die kliënt-app geïnstalleer is.

Sub-rekeninge kan ook by die bestuurder-rekening gevoeg word, die bestuurder bepaal die toegang van die sub-rekeninge deur inligting aan hul te deel. Hierdie sub-rekeninge kan ook ingestel word dat hul slegs die posisies kn sien maar dit verhoed dat die sub-rekeninge enige toestelle byvoeg/verwyder.

‘n Standaard bestuurder-rekening sluit in 20 toestelle en 2 sub-rekeninge. Dit is die intreepakket en kos R3000/jaar; wat gelykstaande is aan R12.50/toestel/maand.

As ‘n kliënt meer toestelle/sub-rekeninge benodig as die intreepakket, kan dit teen R150/toestel/jaar en R200/subrekening/jaar gekoop word.


Registreer vir ‘n bestuurder-rekening