Bestuurder platform

Ons bestuursplatform kan vanaf rekenaars en mobiele toestelle verkry word. U benodig ‘n bestuurderrekening om toegang tot die platform te kry

Toegang via die webblaaier

Daar is toegang tot die bestuurderplatform via ‘n moderne webblaaier. Klik op die bestuurder skakel hieronder om na die bestuurderwebwerf te gaan

Die platform benodig ‘n gebruikersnaam & wagwoord om toegang tot die platform te bekom. Hierdie aanmeldings bewyse sal aan u gestuur word wanneer u aanteken vir ‘n bestuur rekening. Indien u nie ‘n bestuur rekening besit nie kan u aanteken deur hierdie skakel te gebruik.

Indien u die gebruikersnaam of wagwoord van u bestuur rekening vergeet het, kontak ons gerus. Om u privaatheid te verseker sal ons slegs hierdie inligting aan die eienaar van die bestuur rekening bekend maak.


Gebruikers instruksies

Die bestuurder platform laat u toe om toestelle by te voeg en te verwyder. Om u toestel by te voeg benodig u die kliënt-toestel se “Device ID”. Hierdie ID sal bekom word deur die kliënt-program opstelling instruksies te volg.

Kliek op “+” in die Toestelle blok om ‘n toestel by te voeg

Die onderstaande vorm sal verskyn, u kan dan die inligting hier insleutel.

  • Naam: Enige naam wat u wil gebruik om die persoon te identifiseer. Hierdie naam sal op die kaart verskyn. Hou dit verkieslik kort anders kan die kaart redelik vol raak
  • Identifiseerder: Hierdie is die “Device ID” gegenereer op die gebruiker se foon. Hierdie ID word gebruik om die gebruiker aan u profiel te koppel.
  • Ekstra velde: Hierdie is handig om addisionele inligting, rakende die gebruiker, by te voeg. Julle kan dit opstel soos julle goeddink. Hierdie velde verskyn ook in die toestel blok. Speel gerus daarmee rond en kyk wat vir julle groep werk.

Julle kan bv. Die Naam gebruik vir die radio roepsein, die Foon gebruik vir die gebruiker se tel nommer en Kontak gebruik vir hul naam & van.

Indien die gebruiker se toestel steeds nie opdateer nadat dit aangeskakel is en die toestel op jul bestuur rekening bygevoeg is, kan dit ‘n GPS probleem wees. Maak asb seker die selfoon se GPS is aangeskakel en indien u binnenshuis is, gaan staan vir ‘n paar minute buite. Die kliënt program moet eers die GPS ligging vind voor dit sal begin opdateer.